Olimpiese Somerspele 2012

Spele van die XXXe Olimpiade
Olimpiesespele van 2012

Gehou in Londen, Verenigde Koninkryk
Deelnemende lande 204 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 10 568 (5 892 mans, 4 675 vroue)[1]
Items 302 in 26 sporte[2]
Openingseremonie 27 Julie 2012
Sluitingseremonie 12 Augustus 2012
Amptelik geopen deur Koningin Elizabeth II[3]
Atlete-eed Sarah Stevenson (taekwondo)
Beampte-eed Mik Basi (boks)
Olimpiese vlam Callum Airlie
Jordan Duckitt
Desiree Henry
Katie Kirk
Cameron MacRitchie
Aidan Reynolds
Adelle Tracey
Vorige Spele 2008: Beijing (China)
Volgende Spele 2016: Rio de Janeiro (Brasilië)

Die Olimpiese Somerspele 2012 (Engels: 2012 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die XXXste Olimpiade, is tussen 27 Julie en 12 Augustus 2012 in Londen, Verenigde Koninkryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 10 568 atlete uit 204 nasies aan 302 items in 26 verskillende sportsoorte deelgeneem. Danksy die insluiting van vroueboks was daar vir die eerste keer in alle sporte vroulike deelnemers. Saoedi-Arabië, Katar en Broenei het vir die eerste keer vroulike atlete gestuur, sodat elke land wat tans in aanmerking kom, 'n vroulike mededinger na minstens een Olimpiese Spele gestuur het.

Die Olimpiese Stadion in Londen

Dit was die dertigste aanbieding van die Somerspele sedert 1896. Dit was ook die derde keer dat Londen die spele georganiseer het na hulle eerste spele in 1908 en daarna in 1948. Daarmee het Londen die eerste stad geword wat driemaal Olimpiese Somerspele aangebied het. Naas Londen was Parys, Madrid, New York Stad en Moskou kandidate vir die organisasie van die 2012-Somerspele.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland die eerste en die gasheer die Verenigde Koninkryk die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Caster Semenya, atleet en Wêreldkampioen tydens die Atletiekwêreldbeker in 2009, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[4]

Vir die Olimpiese Somerspele 2012 is die 200 ha Queen Elizabeth Olympic Park in Stratford opgerig. Die Spele het ook gebruik gemaak van plekke wat reeds voor die bod bestaan het. Hierdie Olimpiese Somerspele word algemeen as 'n groot sukses beskou, met stygende standaarde van kompetisie onder nasies regoor die wêreld, verpakte stadions en gladde organisasie. Verder is die fokus op nalatenskap en na-wedstryd-volhoubaarheid as 'n bloudruk vir toekomstige Olimpiese Spele beskou.[5][6]

Die Paralimpiese Somerspele 2012 is tussen 29 Augustus en 9 September in Londen gehou.

  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 7 Maart 2018.
  3. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 7 Maart 2018.
  4. "Caster Semenya rightly chosen to bear South Africa's flag at opening ceremony" (in Engels). CBS Sports. 22 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2016. Besoek op 7 Maart 2018.
  5. "London 2012: How the world saw the Olympic Games" (in Engels). The Guardian. 13 Augustus 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2019. Besoek op 7 Maart 2018.
  6. "London 2012 Olympic Games: a digital triumph" (in Engels). BBC. 19 September 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search